Oor die geleentheid

Bybel-Media, in samewerking met die NG Sinode van die Wes-Kaap, nooi jou uit na ’n unieke saamsing-geleentheid. Ons glo dit is tyd om te sing!

Op 8 September om 19:00 in die Kaapstadse stadsaal sing ons liedere uit ons kerk se liedereskat. Die saamsing-geleentheid word begelei deur die Kaapse Filharmoniese Orkes, ’n 500-stuk-massakoor, ’n kontemporêre orkes en ’n pyporrel.

Dit gaan ’n onvergeetlike aand wees. Moet dit nie misloop nie.

WAAR

Kaapstad Stadsaal
Kaapse Parade
Darling Straat
Kaapstad

WANNEER

19:00
Saterdag 8 September 2018


Bestel 'n video-opname

Stuur jou naam en e-pos adres vir ons, en ons laat weet jou sodra die video-opname beskikbaar is om te bestel.

Kaapse Filharmoniese Orkes

Die Kaapse Filharmoniese Orkes, gestig in 1914, is waarskynlik die mees veelsydige en aktiewe orkes in Afrika. Sodoende dra dit ruimskoots by tot Kaapstad se globale status.

Die Kaapse Filharmoniese Orkes, ’n finansieel en kultureel volhoubare orkes, lok van die voorste internasionale kunstenaars van ons tyd. As ’n multifunksionele orkes lewer die CPO ’n wêreldklas orkesdiens aan alle gemeenskappe in die streek, met deelname aan feeste en konserte oor die volle spektrum van musiekgenres.


Chad Hendricks

Chad Hendricks het as dirigent opgetree vir die Kaapse Filharmoniese Orkes, die Kaapse Filharmoniese Jeug-orkes, en die Kaapse Ghoema-orkes. Hy deel ook die verhoog met die Universiteit van Kaapstad Simfonieorkes.

Hendricks het meesterklasse ontvang van Victor Yampolsky (Rusland), Daniel Raiskin (Duitsland), Arjan Tien (Nederland), Evgeny Bushkov (Rusland) en Marc Piollet (Frankryk). Hy is tans koormeester van die NAC CapeTown Choir, asook die tuisdirigent van die NAC Cape Town Orchestra. Hendricks is besig met nagraadse studies in koorleiding by die Universiteit van Kaapstad.


Diederick Basson

Diederick Basson studeer onder Wim Viljoen, Boudewijn Scholten, Pieter de Lange, Joseph Stanford en Bennie van Eeden aan die universiteite van Pretoria en Stellenbosch en verwerf die grade BMus, BMus Honneurs (cum laude) en MMus. In 2016 ontvang hy die PhD-graad in Musiek van die Noordwes-Universiteit. Hy verwerf ook UNISA se Voordraerslisensiaat, Onderwyslisensiaat en Kerkorrelistelisensiaat met lof.

Diederick is tans hoof van Musiek by Somerset College in Somerset-Wes, asook deeltydse dosent aan die Universiteit Stellenbosch. Hy bied twee keer per maand die program Sondagkonsert op FMR in Kaapstad aan en tree gereeld as solis en begeleier op.


Riaan Steyn

Traxtudio Holdings International is gebore in die slaapkamer van Riaan Steyn in 1994. Gedurende hierdie beginjare is talle musiekstudente deur sy hande. Vandag is Traxtudio ’n musiek en mediagroep operasioneel in agt lande oor die wêreld heen.

Riaan is ’n internasionaal-erkende vervaardiger, verwerker en komponis. Sy werke word wêrelwyd uitgevoer en is te hore oor talle radiostasies en TV-kanale, advertensies en films. Tot op hede het Riaan op meer as 500 albums gewerk en het ’n rits toekennings en pryse ontvang.

Riaan tree ook gereeld op TV as begeleier en musikale regisseur op, en is ’n himnoloog wat ’n Baccalaureus-, Meestersgraad en Lisensiaat (Cum Laude) verwerf het. Tans is hy ook die orrelis en musiekdirekteur van NG Gemeente Welgemoed en dien op verskeie rade van verskillende organisasies.


Chester Meyer

Chester Meyer ontvang klavieronderrig van Ada Malherbe in Colesberg en slaag die Unisa Graad 8 eksamen reeds tydens sy matriekjaar. Hy studeer BMus op Kovies en spesialiseer in klavier en orrel.

Tydens sy studentejare sluit hy aan as pianis van Helios, die musiekgroep van die NG gemeente Kovsiekampus. Hy word ook aangestel as orrelis van Kovsiekerk tot 2004. In die jare 2005-2006 is hy in Londen musiekonderwyser en ook orrelis by ’n Anglikaanse kerk in die ooste van die stad. Na sy terugkeer na SA dien hy in verskeie orrelposte in Bloemfontein en tree ook gereeld op as pianis vir verskeie produksies in die Sand du Plessis Teater in die stad. Hy begelei ook die Vrystaatse Universiteitskoor van 2007-2013. Chester behaal die MMus graad in Etnomusikologie in 2015 en verhuis na Kaapstad in dieselfde jaar. Hy is tans musiekhoof by Sans Souci Hoërskool vir Meisies in Nuweland en musiekleier by die NG gemeente Goodwoodpark.


Program

DEEL 1

Lied 280 // Here, Redder, groot en magtig
Lied 201 // Lofsing die Heer, buig voor Hom neer
Lied 175 // Majesteit
Lied 320 // O kom, o kom, Immanuel
Lied 365 // Hoor die blye eng’lelied
Lied 366 // Die vreugdelied wat engele sing
Lied 219 // Laat ons sing van ons Verlosser
Lied 240 // Heiland, as in ootmoed stil
VONKK 123 // Wees stil en weet
Lied 203 // Loof die Here, al wat lewe
Flam 57 // Die Oorwinningslied

DEEL 2

VONKK 277 // U is die lig wat deur die donker skyn
Lied 308 // Neem my lewe, laat dit, Heer
Lied 184 // Lofsing die Here
Flam 404 // Jesus, Ons Loof U
VONKK 159 // Heer, ons dink aan Afrika
Lied 199 // Loof die Here uit die hemel
Tema-lied // Dis tyd om te sing
Lied 530 // Praat ek mense-, eng’letale
VONKK 5 // Vreugde! Vreugde!


Borge